Lees Rigters 4-5. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Wie het die oorwinning bewerkstellig (Rig 4:14, 23, 5:21)?
    2. Waartoe lei die oorwinning vir Debora (Rig 5:1-3)?
    3. Waartoe moet God se almag al die mense bring (Rig 5:9-12)?
  1. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. In hierdie geskiedenis was Debora, die profetes die een deur wie God verlossing bewerk het. Deur watter vrou het God gewerk om vir jou verlossing te bring (Mat 1:21)
    2. Waartoe lei die boodskap van Elizabeth vir Maria (Luk 1:46-48)?
  2. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Wat het die volk gedoen en waartoe het dit gelei (Rig 4:1-3)?
    2. Alhoewel Barak aanvanklik getwyfel het en aangedring het dat Debora moes saamgaan (Rig 4:6-8), wat getuig Rig 4:14 en Heb 11:32-33 van hom? Waartoe roep dit jou op?
    3. Hoe spreek Rig 5:15-17 en Luk 14:18-20 jou aan as jy dit in verband bring met waaartoe God jou oproep?
    4. Noudat jy God se verlossingsplan in jou lewe weer gehoor het, hoe gaan jy die seënwens van Rig 5:31 prakties maak in jou lewe?

Leave a Reply