Oor die afgelope vier jaar het ek op TotUeer (.com en .co.za) amper 500 gedigte en Bybelstudies van elke boek in die Bybel gepost. Sowat ‘n maand gelede het dit alles soos mis voor die son in die spreekwoordelike “cloud” verdwyn… ¬†Groot is my dankbaarheid dat ek wel alles wat ek geskryf het steeds in Word het.¬†Ongelukkig is letterlik duisende ure se werk en formattering van die website self heeltemal verlore en sal dit nie weer in dieselfde formaat bestaan nie…

Ek glo die Here wou my daarmee laat herbesin. Was dit alles regtig tot Sy eer? Of het dit meer begin gaan oor my eer? So, in nederigheid begin ek van voor af met dieselfde visie en net een passie: Gedigte tot God se eer.

Ek sukkel nog om die eienaarskap van die domains TotUeer.co.za en TotUeer.com terug te kry. Dit sal nie die vorige website terugbring nie, maar dit sal help om vorige gebruikers weer die nuwe website TotUeer.blog te laat vind. Die Facebook bladsy TotUeer is ook nog in werking met baie van die oorspronklike gedigte. Gaan lees solank daar terwyl hierdie website weer geleidelik groei.

Jou voorbidding vir die projek is baie nodig – veral dat dit hierdie keer ten volle net tot God se eer sal wees.

 

 

 

Leave a Reply